Thursday, May 26, 2011

Dagga beskuit is net die aangenaamste manier om die dag te begin.

Vier bankees van die beste wat jy kan kry oornag in die vrieskas. Hopelik vries jou vrieskas behoorlik. Die volgende dag deur die blender in 500 gram margarien in 'n pot vir so 5 minute.
Meng 3 koppies suiker, 1 liter karringmelk (of amaas), twee opgehoopte teelepels sout en drie groot eiers saam in die natgoed bak saam met die dagga en margarien na die margarien afgekoel het.
Sif 7,5 koppies koekmeelblom by 1 kg nutty wheat, 120 gram bakpoeier, 3 teelepels koeksoda, 2 teelepels kremetart, 250 gram sonneblom saad, 250 gram sesame saad, 250 gram flax saadjies (braai dalk eers die sade saam liggies in 'n droƫ pan met 'n eetlepel fyn swart peper daarby), twee eetlepels neut muskaat, vier fyn naeltjies en twee eetlepels kaneel saam in 'n mengbak groot genoeg vir alles en die nat bestanddele wat jy nou daarby kan meng.
Knie goed deur en las nog meel bietjie, bietjie by totdat die taai deeg nie meer aan jou hande vas sit nie.
Ek het hier ses +-250mm x 100mm pannetjies waarin ek die deeg eweredig opdeel en met 'n eierspaan in blokkies in die panne sny. Alternatiewelik kan jy klein balletjies rol en een vir een in die pan langs mekaar uitpak.
In die oond wat vooraf tot 180 grade verhit is vir so 45 - 60 minute. Steek die beskuit met 'n skerp mes of sosatie stok en maak seker die kom droog uit die beskuit.
Keer pannetjies uit op 'n grid of iets en laat heeltemal afkoel. Ek wag gewoonlik so dag en sny dit dan die volgende dag op in blokkies wat ek teen 'n lae temperatuur in die oond of lou oond vir meeste van die dag uitdroog.
Stadig oor die klippertjies want dit is sterker as jy verwag. Na so twee beskuitjies wag minstens 'n uur en 'n half voor jy jou gemoedstoestand meet :)

No comments:

Post a Comment