Thursday, June 30, 2011

Rook!

Sê ek. En oortuig soveel mense as moontlik om ook so te maak.

En hou asseblief op om die rokers so te vervolg. Hulle doen almal 'n groot guns. Dink net vir jouself.

Hoe gaan 'n mens om met probleme? Ons vat die bul by die horings en hou aan tot ons wen. Dit is een van ons sleutel aspekte wat 'n iets van evolusie bewys. Ons onderwerp verbasend goed en effektief.

Wat dink jy van besoedeling wat vererger? En industriële reuse wie weier om hulle besoedeling te verminder. Terwyl arm lande dit nodig glo? Sluit die gaping tussen ryk en arm die kwaliteit in, buiten geld nou, dat die een kant omgee en die ander nie? Ek hou van die idee van nie sinies realisme en voorsien nie dat besoedeling sal verminder in enige tyd in die nabye toekoms nie. Ek weier om ons vermoë, om die ongelukkige nagevolge van ons menswees hier en nou, te onderskat.

Die nageslagte van rokers het 'n beter kans in die toekoms as die van die nie rokers. Om bekend te raak met iets of iemand het ek meer blootstelling aan haar, hom of dit nodig. Soos my bekendheid vermeer, verstaan ek beter tot ek eindelik genoeg kennis het om daarmee te vereenselwig of op 'n ander manier mee om te gaan. Ons dra die kennis oor aan volgende geslagte, geneties of deur onderwys. Ons evolueer, dis verseker. Dit los die rokers met longe beter toegerus vir vrot lug op die lang termyn, terwyl ander sal versmoor.

Hou tog op om die rokers te misbruik, oortuig jou vriende en familie om te rook veral julle kinders. In stede daarvan om dit te belas, subsidieer dit eerder, asseblief. Ons spesie het dit nodig! Rook!

En rook tog asseblief Gauloises blondes. Dit is aaklig dat daar soveel winkels is sonder Gauloises op die rak. Dis definitief die lekkerste sigaret op die rak.

OK, OK, dalk vereis ek teveel. Rook ten minste tot jy kinders het. En onthou tog om hulle te oortuig om dieselfde te doen.

Friday, June 10, 2011

Oor Fees van die ongenooides deur P.G. Du Plessis

P.G. Du Plessis, jou bliksem! Jy het my in twee geskeur. Ek weet nie watter kant toe nie. Aan die een kant het jy my soos 'n groot moffie laat voel en aan die ander kant was dit flippen lekker om vir 'n verandering snot en trane te tjank.

Fees van die ongenooides is eenvoudig Awesome! Dankie. Ek snik nog steeds. Vir die wêreld waar mense nog glo dat geweld 'n legitamate means of acquisition is. Waar vrouens hulle seuns, mans, broers, neefs en vaders weg stuur oorlog toe. Om te moor en te vrek. 'n Wêreld Waar geweld aangemoedig word en ons, onsself skaam oor naaktheid en affection. God verdorie! Is daar hoop vir die mensdom? 'n Wêreld waar die wie beter af is eerder dink oor waar hulle in die lewe geposisioneer is as hoe om hulle medemens uit hulle ellende te help. En hulle self so op te stel in 'n gepolariseerde setup terwyl ons almal mens is en bestaansreg het. Die spandabelrige rykdomme en surplusse aan die een kant en honger koue aan die ander. En dan is daar nog mense wie rassisme bevorder asof Hitler nooit gebeur het nie. Nuwe Hitlers word vandag tot mag opgestel. Wat gaan van ons word? Evolusie is blykbaar hopeloos te stadig. Snot. Trane. Dis darem makliker om te tik deur die gehuil as wat dit vroeër was om te lees.

Die manier wat P.G. 'n storie weef is amazing. Die tekstuur van sy verhaal is so Afrikaans soos die taal wat hy as die krapperige taal vir die engelsman beskryf. Hy lok mens eers in met iets sagter en bind mens so stadig maar seker tot hy mens het dan word dit skurf en hard en krap tot reg aan mens se siel. Al word die tekstuur sagter na die einde toe voel ek nie vry van sy indrukke nie. Ek voel myself soos iets van 'n masochis vir die smart wat hy met sy pen opgetower het en sal maar iets van die donner se humor moet gaan opsoek om die balans te herstel!

Wat 'n lees ervaring!