Friday, June 10, 2011

Oor Fees van die ongenooides deur P.G. Du Plessis

P.G. Du Plessis, jou bliksem! Jy het my in twee geskeur. Ek weet nie watter kant toe nie. Aan die een kant het jy my soos 'n groot moffie laat voel en aan die ander kant was dit flippen lekker om vir 'n verandering snot en trane te tjank.

Fees van die ongenooides is eenvoudig Awesome! Dankie. Ek snik nog steeds. Vir die wêreld waar mense nog glo dat geweld 'n legitamate means of acquisition is. Waar vrouens hulle seuns, mans, broers, neefs en vaders weg stuur oorlog toe. Om te moor en te vrek. 'n Wêreld Waar geweld aangemoedig word en ons, onsself skaam oor naaktheid en affection. God verdorie! Is daar hoop vir die mensdom? 'n Wêreld waar die wie beter af is eerder dink oor waar hulle in die lewe geposisioneer is as hoe om hulle medemens uit hulle ellende te help. En hulle self so op te stel in 'n gepolariseerde setup terwyl ons almal mens is en bestaansreg het. Die spandabelrige rykdomme en surplusse aan die een kant en honger koue aan die ander. En dan is daar nog mense wie rassisme bevorder asof Hitler nooit gebeur het nie. Nuwe Hitlers word vandag tot mag opgestel. Wat gaan van ons word? Evolusie is blykbaar hopeloos te stadig. Snot. Trane. Dis darem makliker om te tik deur die gehuil as wat dit vroeër was om te lees.

Die manier wat P.G. 'n storie weef is amazing. Die tekstuur van sy verhaal is so Afrikaans soos die taal wat hy as die krapperige taal vir die engelsman beskryf. Hy lok mens eers in met iets sagter en bind mens so stadig maar seker tot hy mens het dan word dit skurf en hard en krap tot reg aan mens se siel. Al word die tekstuur sagter na die einde toe voel ek nie vry van sy indrukke nie. Ek voel myself soos iets van 'n masochis vir die smart wat hy met sy pen opgetower het en sal maar iets van die donner se humor moet gaan opsoek om die balans te herstel!

Wat 'n lees ervaring!

No comments:

Post a Comment