Thursday, May 26, 2011

Dagga beskuit is net die aangenaamste manier om die dag te begin.

Vier bankees van die beste wat jy kan kry oornag in die vrieskas. Hopelik vries jou vrieskas behoorlik. Die volgende dag deur die blender in 500 gram margarien in 'n pot vir so 5 minute.
Meng 3 koppies suiker, 1 liter karringmelk (of amaas), twee opgehoopte teelepels sout en drie groot eiers saam in die natgoed bak saam met die dagga en margarien na die margarien afgekoel het.
Sif 7,5 koppies koekmeelblom by 1 kg nutty wheat, 120 gram bakpoeier, 3 teelepels koeksoda, 2 teelepels kremetart, 250 gram sonneblom saad, 250 gram sesame saad, 250 gram flax saadjies (braai dalk eers die sade saam liggies in 'n droë pan met 'n eetlepel fyn swart peper daarby), twee eetlepels neut muskaat, vier fyn naeltjies en twee eetlepels kaneel saam in 'n mengbak groot genoeg vir alles en die nat bestanddele wat jy nou daarby kan meng.
Knie goed deur en las nog meel bietjie, bietjie by totdat die taai deeg nie meer aan jou hande vas sit nie.
Ek het hier ses +-250mm x 100mm pannetjies waarin ek die deeg eweredig opdeel en met 'n eierspaan in blokkies in die panne sny. Alternatiewelik kan jy klein balletjies rol en een vir een in die pan langs mekaar uitpak.
In die oond wat vooraf tot 180 grade verhit is vir so 45 - 60 minute. Steek die beskuit met 'n skerp mes of sosatie stok en maak seker die kom droog uit die beskuit.
Keer pannetjies uit op 'n grid of iets en laat heeltemal afkoel. Ek wag gewoonlik so dag en sny dit dan die volgende dag op in blokkies wat ek teen 'n lae temperatuur in die oond of lou oond vir meeste van die dag uitdroog.
Stadig oor die klippertjies want dit is sterker as jy verwag. Na so twee beskuitjies wag minstens 'n uur en 'n half voor jy jou gemoedstoestand meet :)

Tuesday, May 10, 2011

Sheryl Cwele behoort soos 'n heldin bahndel te word

Te veel blerrie soaps en hopeloos te min realiteit. Ja, OK, die politiek is 'n pot twak maar ons sit daarmee en die mense se besluite beïnvloed ons lewens. En die donnerse politici is nou ook maar mense en ons moet hulle vermaak en met hulle saam lewe. Fair enough eintlik dat van die bliksems self bietjie aan hulle eie incompetence lei. Ek hoop tog; Kan ons nie maar eerder die geleentheid gebruik om waardevolle verandering mee te bring nie?
Dit is after all ons neandertal neefs, die Amerikaners wie oorlog teen dwelms voer. Dis nou oorlog teen alles behalwe wat Johnson, Phizer, Roche, Glaxo of Novartis produseer. Hulle groei immers nie hulle poppies in Afganistan nie.
Ons weet die propaganda ivm met dwelms is oordryf want ons het dit self probeer en ons like dit. Ons weet dat drank veel erger hartseer veroorsaak want ons lewe al soveel langer daarmee saam. Die enigste mense wie in hulle broeke kak daaroor is ou tannies en die squares wie fokkokl sal probeer nie. En die res van julle hou die kak stand van sake in so toestand om die ou tannies se onthalwe?
Kyk, maak nie saak hoe jy daaroor dink nie. As die poeiers dan so gevaarlik is. Wil jy dit dan iewers in die donker in ommegang he? Iewers waar geen verantwoordelike mens enige se daaroor het nie? Hoe beheer jy iets wat ondergrond moet funksioneer? Het ons nie al genoeg kak as gevolg van al die flippen denial nie? Verbeel jy jouself dalk dat jy en jou liefde 'n perfekte verhouding het omdat die so goed vir jou lieg? En dit is persoonlik! Want goeie mense wie minstens die lewe probeer ly onder argaïese en dom wetgewing wat op mens se persoonlike reg imponeer. Ek kan vir myself besluit, baie dankie. Dit terwyl lui en bang idiote uit hulle veilige hoekies uit hulle verdoem. Is dit waardes wat ons aan volgende generasies wil oordra?
In stede daarvan om julle kosbare bronne op die pers en media field day te blaas kan julle eerder probeer help om daai brawe siele wie in die tronk oorsee vir sulke dinge is daar uit te kry en terug by die huis. My liefie, net omdat jy jou pille goedkoop en veilig in die apteek kry maak dit nie OK nie. Kom ons maak daai bliksems onwettig vir 'n week, hulle en die bottel store dan sien ons waar sit julle met julle voor oordeel.
Glo julle nog wragtig aan Monopolie? Na die VOC en nou nog met Telkom en Eskom? Het ons nog niks geleer nie? Niks wyser geraak nie? Die wettige dwelm handelaars is bereid om ver te gaan om hulle monopolieë te beskerm selfs al beteken dit om goeie mense se lewens die verdoemenis in te bederf. Dis tyd vir ons op die grond om ons voet neer te sit. Die wette moet verander! En die is die ideale geleentheid.
Dankie Sheryl Cwele dat jy die wêreld so bietjie aangenamer probeer maak het!

Sunday, May 8, 2011

Jagseiesoen!

Die nat somer het wonderlike gesonde nuwe geslag kuddes opgelwer met die veld vol lewe. Om die spasie benutting optimaal te hou word van die ouer geslagte uit die troppe gesnoei. Hier sit ek agter 'n flippen computer terwyl ons eintlik daarbuite in die veld te wees besig om iets te slag vir die pot.
Ek wens ek het 'n beter kamera met 'n beter lens gehad. Maar nou ja, darem het ek nog een. En as dit belowend genoeg klink dan huur ek dalk 'n Kamera en lens vir die job :)
Ek volunteer myself dus graag vir die kampkoraal (dis mos nou 'n koraal boom) posisie as enige iemand 'n vernuftige kok, nie professionele jagter en nog minder professionele fotograaf wil saam neem vir die pret. Hoeveel mense gaan ons wees? Enige dieet vereistes? Wat is die voorkeure? Wie is ons kamp maats? Van waar kom hulle? Is daar enige iets anders wat ek moet weet?
Om fotos te verwerk en te ontwikkel het ek minstens twee weke omdraai tyd nodig afhangende van hoeveel fotos en hoeveel julle bereid is om te spandeer. Ek kan sekerlik ook 'n video kamera beman wat studio edit tyd na die tyd sal kos.

Waarheen sal ons gaan? Volgens my kennis is daar hope wild in die Transvaal en Natal. Ek behoort dalk ook agent te speel en vir ons die beste deals soek. Dit kan ook, ek ken genoeg mense in ons land. Sê my tog waar jy sal verkies om te jag dan kom ek terug na jou.

Nou wonder ek nog oor iets. Daai flippen eerste vlakvark wat ek geskiet het. Het my mede jagters my net deur die slagting laat suffer of is die goed regtig so groot mission om afgeslag te kry? Wat gaan dit die keer wees? EK sal graag footage kry van 'n Olifant slagting. Of 'n groot kat deur die hele taksidermie proses te sien. Wat van 'n Jakkals karos! Gemsbok, Koedoe, Waterbok, Eland, Impala, Kameelperd of iets anders?

Dagga Tee Resep

Vat soveel dagga as wat jy tee van wil maak, meer is beter :) Sit dit in 'n ziplock waaruit jy die meeste lug squeeze. Die gaan in die vrieskas in oornag.
Kook dagga direk uit vrieskas vir so 5 - 10 minutjies. Skink en drink met vanilla, vars of essence, instant koffie (Of kook gemaalde koffie saam met die dagga), kaneel, neut. en jy behoort 'n naeltjie of twee vir elk hand vol dagga wat jy kook ook saam te kook. In plaas van poeier kaneel later by te sit mag jy dalk eerder 'n kaneel stok of vier saam met die naeltjie, dagga en koffie kook. Melk is opsioneel en mag gou suur word en vlokkies veroorsaak wat ook interessant mag wees.
Drink 'n koppie en wag ten minste 'n uur en vyftien minute voor jy die effek probeer meet ;)
Probeer dit vir absoluut enige kwaal en rapporteer asseblief die resultaat aan die res van die wêreld.

Saturday, May 7, 2011

Rook liewers dagga

Daar was 'n song eens op 'n tyd deur Baz Luhrmann waar hy die wonderlike advies gratis uitdeel om son skerm te gebruik. Hy sou beter gedoen het om dagga voor te skryf. Sunscreen bevat Titanium Dioksied wat jou eerder gaan kanker gee as die son. Buiten dit verwoes dit ook die bewoonbare gebiede, groei vermoe van die grond en besoedel dan nog ook die water.

Dink ek aan die mishaps waar allerlei korrelasies met chemiese alterations van realiteit betrokke was.
Alchohol is gevaarlik! En buitensporig so in kombinasie met ander chemiese alterations van realiteit. Ek het nog nie 'n slegte ervaring gehad as gevolg of net na ek dagga gerook het nie. Tot die teendeel het ek eerder iewers aangenaam uitgepaas op die ergste. In geval van twyfel, rook eerder nog 'n joint eerder as om te drink. Drink water of tee.

Na 'n paar jaar se lewens ervaring voel ek myself veilig in die walms van 'n joint. Ek voel compelled om die mensdom aan te moedig om dit te gebruik en die gebruik daarvan aan te moedig tussen mekaar. Die voordele weeg meer as die nadele.

Daar is iets in my natuur wat verlang na lekker voel en nog lekker voel. Ek like dit om high te raak. Ek hou daarvan om my gedagtes op 'n ander manier geprikkel te http://www.blogger.com/img/blank.gifkry. Dis vir my lekker om my inhibisies by die deur te los vir 'n ruk. Ek hou daarvan om sag aan die slaap te raak. So kry ek myself elke nou en dan in 'n beswyming van die een soort of die ander. Dis die nice deel. Die euforie. Die lewe is te kort om daar sonder te gaan.

Aan die nie so nice deel het ek al in 'n minder aangename realiteite wakker geword. Die enigste aspek wat die een geval in gemeen gehad het met die ander was die feit dat dit voorafgegaan is deur 'n hewige dors lessing van 'n alkoholiese aard. Soms ook ander bestanddele. As ek eerder maar net dagga gerook het. Die feit van die saak is nogsteeds dat mens nie regtig die chemie mag blameer nie. So in die geval sal dit beter wees om chemie te gebruik wat nie ongelukkige nagevolge het nie. Liewe dagga :)

Post jou positiewe dagga gedagtes na facebook