Tuesday, May 10, 2011

Sheryl Cwele behoort soos 'n heldin bahndel te word

Te veel blerrie soaps en hopeloos te min realiteit. Ja, OK, die politiek is 'n pot twak maar ons sit daarmee en die mense se besluite beïnvloed ons lewens. En die donnerse politici is nou ook maar mense en ons moet hulle vermaak en met hulle saam lewe. Fair enough eintlik dat van die bliksems self bietjie aan hulle eie incompetence lei. Ek hoop tog; Kan ons nie maar eerder die geleentheid gebruik om waardevolle verandering mee te bring nie?
Dit is after all ons neandertal neefs, die Amerikaners wie oorlog teen dwelms voer. Dis nou oorlog teen alles behalwe wat Johnson, Phizer, Roche, Glaxo of Novartis produseer. Hulle groei immers nie hulle poppies in Afganistan nie.
Ons weet die propaganda ivm met dwelms is oordryf want ons het dit self probeer en ons like dit. Ons weet dat drank veel erger hartseer veroorsaak want ons lewe al soveel langer daarmee saam. Die enigste mense wie in hulle broeke kak daaroor is ou tannies en die squares wie fokkokl sal probeer nie. En die res van julle hou die kak stand van sake in so toestand om die ou tannies se onthalwe?
Kyk, maak nie saak hoe jy daaroor dink nie. As die poeiers dan so gevaarlik is. Wil jy dit dan iewers in die donker in ommegang he? Iewers waar geen verantwoordelike mens enige se daaroor het nie? Hoe beheer jy iets wat ondergrond moet funksioneer? Het ons nie al genoeg kak as gevolg van al die flippen denial nie? Verbeel jy jouself dalk dat jy en jou liefde 'n perfekte verhouding het omdat die so goed vir jou lieg? En dit is persoonlik! Want goeie mense wie minstens die lewe probeer ly onder argaïese en dom wetgewing wat op mens se persoonlike reg imponeer. Ek kan vir myself besluit, baie dankie. Dit terwyl lui en bang idiote uit hulle veilige hoekies uit hulle verdoem. Is dit waardes wat ons aan volgende generasies wil oordra?
In stede daarvan om julle kosbare bronne op die pers en media field day te blaas kan julle eerder probeer help om daai brawe siele wie in die tronk oorsee vir sulke dinge is daar uit te kry en terug by die huis. My liefie, net omdat jy jou pille goedkoop en veilig in die apteek kry maak dit nie OK nie. Kom ons maak daai bliksems onwettig vir 'n week, hulle en die bottel store dan sien ons waar sit julle met julle voor oordeel.
Glo julle nog wragtig aan Monopolie? Na die VOC en nou nog met Telkom en Eskom? Het ons nog niks geleer nie? Niks wyser geraak nie? Die wettige dwelm handelaars is bereid om ver te gaan om hulle monopolieë te beskerm selfs al beteken dit om goeie mense se lewens die verdoemenis in te bederf. Dis tyd vir ons op die grond om ons voet neer te sit. Die wette moet verander! En die is die ideale geleentheid.
Dankie Sheryl Cwele dat jy die wêreld so bietjie aangenamer probeer maak het!

No comments:

Post a Comment