Saturday, May 7, 2011

Rook liewers dagga

Daar was 'n song eens op 'n tyd deur Baz Luhrmann waar hy die wonderlike advies gratis uitdeel om son skerm te gebruik. Hy sou beter gedoen het om dagga voor te skryf. Sunscreen bevat Titanium Dioksied wat jou eerder gaan kanker gee as die son. Buiten dit verwoes dit ook die bewoonbare gebiede, groei vermoe van die grond en besoedel dan nog ook die water.

Dink ek aan die mishaps waar allerlei korrelasies met chemiese alterations van realiteit betrokke was.
Alchohol is gevaarlik! En buitensporig so in kombinasie met ander chemiese alterations van realiteit. Ek het nog nie 'n slegte ervaring gehad as gevolg of net na ek dagga gerook het nie. Tot die teendeel het ek eerder iewers aangenaam uitgepaas op die ergste. In geval van twyfel, rook eerder nog 'n joint eerder as om te drink. Drink water of tee.

Na 'n paar jaar se lewens ervaring voel ek myself veilig in die walms van 'n joint. Ek voel compelled om die mensdom aan te moedig om dit te gebruik en die gebruik daarvan aan te moedig tussen mekaar. Die voordele weeg meer as die nadele.

Daar is iets in my natuur wat verlang na lekker voel en nog lekker voel. Ek like dit om high te raak. Ek hou daarvan om my gedagtes op 'n ander manier geprikkel te http://www.blogger.com/img/blank.gifkry. Dis vir my lekker om my inhibisies by die deur te los vir 'n ruk. Ek hou daarvan om sag aan die slaap te raak. So kry ek myself elke nou en dan in 'n beswyming van die een soort of die ander. Dis die nice deel. Die euforie. Die lewe is te kort om daar sonder te gaan.

Aan die nie so nice deel het ek al in 'n minder aangename realiteite wakker geword. Die enigste aspek wat die een geval in gemeen gehad het met die ander was die feit dat dit voorafgegaan is deur 'n hewige dors lessing van 'n alkoholiese aard. Soms ook ander bestanddele. As ek eerder maar net dagga gerook het. Die feit van die saak is nogsteeds dat mens nie regtig die chemie mag blameer nie. So in die geval sal dit beter wees om chemie te gebruik wat nie ongelukkige nagevolge het nie. Liewe dagga :)

Post jou positiewe dagga gedagtes na facebook

No comments:

Post a Comment