Sunday, May 8, 2011

Jagseiesoen!

Die nat somer het wonderlike gesonde nuwe geslag kuddes opgelwer met die veld vol lewe. Om die spasie benutting optimaal te hou word van die ouer geslagte uit die troppe gesnoei. Hier sit ek agter 'n flippen computer terwyl ons eintlik daarbuite in die veld te wees besig om iets te slag vir die pot.
Ek wens ek het 'n beter kamera met 'n beter lens gehad. Maar nou ja, darem het ek nog een. En as dit belowend genoeg klink dan huur ek dalk 'n Kamera en lens vir die job :)
Ek volunteer myself dus graag vir die kampkoraal (dis mos nou 'n koraal boom) posisie as enige iemand 'n vernuftige kok, nie professionele jagter en nog minder professionele fotograaf wil saam neem vir die pret. Hoeveel mense gaan ons wees? Enige dieet vereistes? Wat is die voorkeure? Wie is ons kamp maats? Van waar kom hulle? Is daar enige iets anders wat ek moet weet?
Om fotos te verwerk en te ontwikkel het ek minstens twee weke omdraai tyd nodig afhangende van hoeveel fotos en hoeveel julle bereid is om te spandeer. Ek kan sekerlik ook 'n video kamera beman wat studio edit tyd na die tyd sal kos.

Waarheen sal ons gaan? Volgens my kennis is daar hope wild in die Transvaal en Natal. Ek behoort dalk ook agent te speel en vir ons die beste deals soek. Dit kan ook, ek ken genoeg mense in ons land. SĂȘ my tog waar jy sal verkies om te jag dan kom ek terug na jou.

Nou wonder ek nog oor iets. Daai flippen eerste vlakvark wat ek geskiet het. Het my mede jagters my net deur die slagting laat suffer of is die goed regtig so groot mission om afgeslag te kry? Wat gaan dit die keer wees? EK sal graag footage kry van 'n Olifant slagting. Of 'n groot kat deur die hele taksidermie proses te sien. Wat van 'n Jakkals karos! Gemsbok, Koedoe, Waterbok, Eland, Impala, Kameelperd of iets anders?

No comments:

Post a Comment