Tuesday, July 5, 2011

Neem self verantwoordelikheid vir jou privaatheid. RICA petalje. Wat 'n pot #@#.

Die Suid Afrikaanse regering se incompetence en onvermoë om sin te maak van realiteit vind uiting in die RICA petalje. Wat 'n pot #@#. Asof hulle enige iets daarmee sal reg kry. Weet jy wat gaan gebeur? Onskuldige mense gaan aan die pen ry net sodat hulle hulself aan hul oombliklike omgewing kan justify. Hulle gaan ander mense se lewens onnodig op%0# net om hulle eie geloofwaardigheid te beskerm. So wees maar versigtig.
Gelukkig vir enige iemand wie hulle privaatheid waardeer was daar onlangs die wêreld beker sokker. Ons opportunistiese vriende in Johannesburg, Pretoria, Durban, Bloemfontein en Kaapstad was gaaf genoeg om 'n #@#huis vol simkaarte in die hoedanighede deur te druk. So daar is 'n goeie surplus om mee te begin. Dis die een lot. Dan is hulle steeds besig om hard te werk om ons privaatheid verder te bevorder deur ander kanale. Soos byvoorbeeld die arm massas wie te gelukkig is vir die ekstra paar pennies wat 'n RICA registrasie hulle in die hand bring. Dit klink my asof ons gelukkig kan bargain op 'n goeie voorraad diep in die toekoms in :)
En gelukkig kan ons ook staat maak op die absolute incomptence, waaraan ons al eeue bloot gestel word, van regering. Jy kan eenvoudig by 'n diens verskaffer soos blackvpn.com aansluit en jou kommunikasie laat encrypt. So Skype jy dan via die encrypted channel na 'n ander Iphone of Android foon wat die belaglikheid van die hele affêre verder beklemtoon. Ons gebruik in elk geval reeds die VPNne vir al die ander voordele waarvan jy meer op hulle webwerf kan lees.
So moedig ek julle aan om asseblief saam met my die vinger vir die boelies te gee en ons vriende wie moeite vir ons doen in die stede te ondersteun en nou maar self verantwoordelikheid vir ons privaatheid te aanvaar. As enige iets seker is, is dit dat die boelies met hulle control issues net hulle self sal privaatheid gun en geen een van ons nie.
Ek voel my mens reg geskend deur wat hier tussen ons toe gelaat is en ek vind dit moeilik om te glo dat ek die enigste is.
Volgens die UN is internet toegang 'n mense reg: http://www.wired.com/threatlevel/2011/06/internet-a-human-right waarvan ek ontneem is deur die regering en hulle maats.

No comments:

Post a Comment